ABSA KKNK 2011: TYD WORD MIN VIR PRODUKSIE-VOORSTELLE
Kunstenaars wat graag hul werk na die 17de jaarlikse Absa KKNK in Oudtshoorn wil neem, word herinner dat die sperdatum vir voorstelle binnekort is. Die instuur van voorstelle vir die 2011-fees se sperdatum is reeds op 31 Julie 2010. Aanstaande jaar se fees word van 2 tot 9 April gehou en produksie-voorstelle word tans ingewag.
Lees Meer …
Absa KKNK: Bekendstelling van nuwe webblad
Welkom by die Absa KKNK se nuwe webblad. Hierdie is die eerste stap in die opwindende proses om ons aanlyn-kommunikasie meer effektief te maak. Fase een van die projek is van 1 Julie 2010 “lewendig” en van nou af is dit 'n deurlopende proses totdat die finale opdaterings en veranderings, teen 1 September 2010, gemaak sal word.
Lees Meer …
Absa KKNK nooi kunstenaars en produksies na 2011-fees
Die Absa KKNK in Oudtshoorn is reeds besig om sy vere reg te skud vir die 17de jaarlikse kunstefees wat van 2 tot 9 April 2011 gehou word. Kunstenaars en produksiehuise kan nou reeds aansoek doen om deel te neem aan aanstaande jaar se fees.
Lees Meer …