Absa KKNK 2012: Musiekverhoë


Algemene uitnodiging

Die Absa KKNK stel die totale kunste-program saam wat die week van 31 Maart tot 7 April 2012 in Oudtshoorn aangebied word. Gesamentlik met die fees se borge en vennote, word die programmering vir die musiekverhoë behartig. ‘n Ope uitnodiging word aan alle kunstenaars, hul bestuurders en/of platemaatskappye gerig om by die onderskeie verhoë aansoek te doen vir oorweging.

MusiekverhoëMusiekverhoëMusiekverhoëMusiekverhoë

Hoe doen ek aansoek?

Hierdie dokument dien slegs as ‘n inligtingstuk oor:

  1. die aantal verhoë wat optree-geleenthede bied tydens die Absa KKNK 2012,
  2. die tipe musiekstyle en voorwaardes van elke verhoog en
  3. die kontakbesonderhede van die onderskeie programsamestellers.

Indien jy belangstel om by een of meer van die verhoë op te tree, is dit jou verantwoordelikheid om met elke verhoog se program-koördineerder in kontak te kom. Daar is dus vanjaar geen formele aansoekprosedure wat deur die Absa KKNK-kantoor behartig word nie.

Laai dié inligtingstuk hier af.

MusiekverhoëMusiekverhoëMusiekverhoëMusiekverhoë
Feesborge
Teken In vir ons Nuusbrief
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2012  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn